Kinders in SA betaal om krakers te wees.  
       
   

Durban .  Kinders so jonk as 13 jaar word deur misdaadsindikate gebruik om ondernemings se rekenaarnetwerke te kraak en inligting te steel omdat sulke jong kinders nie in Suid-Afrika vervolg word nie. Volgens mnr.Wimpie Britz, n voormalige speurder wat nou besturende direkteur is van a maatskappy wat kuber- en rekenaarverwante misdaad ondersoek, word die kinders sowar R10 000 betaal vir inligting wat hulle onder meer met die virus Trojan Horse bekom. Die sindikate verkoop die inligting op hul beurt vir tot R10 miljoen. Sy maatskappy word deur gemiddeld 20 maatskappye per maand genader oor daar by hul rekenaarstelsels ingebreek is, het Britz gister op die wreldkonferensie teen georganiseerde misdaad van die Technikon Suid-Afrika ges. Hy het Suid-Afrika as n krakerparadys beskryf omdat geen wetgewing nog bestaan wat dit n misdaad maak nie. Buiten die diefstal is daar geen wetgewing wat die gebruik van n rekenaar hiervoor onwettig maak nie. Hierteenoor oorweeg die VSA dit om rekenaar-inbraak as n terreurdaad te omskryf. In die meeste gevalle doen ondernemings interne tugstappe teen skuldiges, maar strafregetelike vervoling is in hierdie stadium duur en moeilik. Dit is volgens Britz deels daarna te wyte dat die Suid-Afrikaanse regbank nog grotendeelsonvertroud is met die betroubaarheid van bewysstukke wat van `n rekenaar verkry word. Een van die probleme met sulke bewysstukke is dat dit geensins verander moet word wanneer dit op die rekenaar verkry word nie. Me. Cheryl Gillwald, adjunkminister van Justisie, het daarop gewys dat Suid-Afrika onlangs die Europese Unie se konvensie oor kubermisdaad bekragtig het. Die konvensie, wat deur 30 Europese lande onderteken is, is die omvattendste poging tot dusver om eenvormige wetgewing daar te stel teen internetmisbruik vir misdaad. Dit dek van terrorisme tot kinderpornografie en kredietkaartbedrog.

Dries Liebenberg